July 9, 2024

Museum of Illusions maak in Johannesburg oop

image press release post joburg sa museum of illusions maak in johannesburg oop 2080×1170
featured image press release post joburg sa museum of illusions maak in johannesburg oop 1200×900

Museum of Illusions maak in Johannesburg oop

Met meer as 60 uitstallings wat jou kop sal laat krap, optiese droombeelde en meevoerende ervarings. ’n Ervaring wat die verstand te bowe gaan by The Zone@Rosebank.

Die stad van goud het nog ‘n diamant tot haar sterrekonstellasie van onmiskenbare besienswaardighede gevoeg. Die Museum of Illusions het pas hul deure in die lewendige gedeelte van Rosebank oopgemaak. Dit is die 53ste Museum of Illusions in die wêreld, naas dié in stede soos Doebai, Chicago, New York, Parys, Istanboel, Milaan, Sjanghai, Kaïro, Koeala Loempoer en Dallas wat ook ’n tuiste vir hierdie merkwaardige ervaring bied. Die Museum of Illusions Johannesburg kan bo Hamleys, oorkant die brug van Spur en reg langs EGG gevind word. Die idee het eers in Zagreb, Kroasië, in 2015 posgevat en toe vinnig ’n wêreldwye fenomeen geraak met meer as 12 miljoen mense wat die museums al besoek het, en dis maklik om te sien hoekom. Nie een van die museums is dieselfde nie: Elkeen neem besoekers op ’n onvergeetlike sensoriese reis deur uitstallings wat die verstand te bowe gaan danksy kuns, wetenskap, wiskunde en sielkunde wat op ’n unieke manier gebruik word.

En terwyl dit ’n geval van “staan terug, mag nie vat nie en geen foto’s” by meeste van die museums oor die wêreld heen is, is dit heeltemal die teenoorgestelde by die Museum of Illusions Johannesburg. Besoekers word aangemoedig om op die wonderlike uitstallings te reageer en te eksperimenteer: Optiese droombeelde, visuele toertjies en tasbare, interaktiewe vertonings wat vir ‘n spelerige omgewing sorg en wat besoekers met foto’s en video’s kan vasvang om herinneringe mee te maak. Wanneer niks ooit is soos dit lyk nie, is dit goed om weer te kyk – of om dit op TikTok te plaas!

As ’n voorstander van die “edutainment”-idee meng die Museum of Illusions pret en vermaak met opvoedkunde en leer. Of jy lus is vir ’n avontuur wat enig in sy soort is, ’n boeiende gesinsuitstappie, ’n uitsonderlike spesiale afspraak, ’n lekker dag saam met jou beste maatjie, die perfekte plek om in jou drome van sosiale-media-inhoud skep deur te bring of net jou kennis en perspektief wil verbreed – hierdie plek sal jou dit en meer help doen.

The museum’s dynamic nature means that certain exhibits are refreshed  every two years or so, guaranteeing that repeat visitors always encounter something new and exciting.

Die Museum of Illusions Johannesburg is nou sewe dae per week, van Maandae tot Donderdae van 09:00 tot 21:00 oop, Vrydae en Saterdae van 09:00 tot 22:00 en Sondae en Openbare vakansiedae van 09:00 tot 20:00. Daar is ook ’n kamer vir partytjies vir dié wat ’n groep wil bring vir ’n spesiale geleentheid soos verjaardae, maatskappyspanbou, opvoedkundige skooluitstappies of ander geleenthede. Kaartjies kan aanlyn of by die deur gekoop word, hoewel dit raadsaam is om vooraf ‘n bespreking te maak.

See more